Ons Gemeente

Ons Kerk Gebou

Hom verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring

Kol 1:28

Ons Gemeente is amptelik op 8 Junie 1952 gestig. Die Kerkgebou is op 30 Julie 1955 ingewy.

Die Gemeente bestaan uit ouderlinge wat moet onderrig en lei, asook diakens wat daar is om te dien. Lidmate dien onder die toesig van hierdie leiers en onder die gesag van Jesus Christus wat die Hoof is van Sy Kerk.

Teologie van ons Gemeente

Teologies streef ons daarna om Christelik-Evangelies te wees. Ons is nie Gereformeerd Calvinisties of PinksterCharismaties nie. Ten opsigte van Bybelse lering is ons nie leerstelling van aard nie. Ons wil net die Goeie Nuus van Jesus Christus verkondig.

Ons onderskryf die Bybelse leer van die Drie-Eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees. Ons glo dat Jesus self ook God is en dat Hy ‘n volmaakte verlossing bewerk het. Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe en niemand gaan na die Vader behalwe deur Hom nie. Ons glo dat al 66 boeke van die Bybel, die Woord van God is. Ons glo dat die Kerk uit gelowiges bestaan. Geloof in Hom en bekering tot Hom is belangrik.

Ons wil graag al ons lidmate tot geloofsekerheid lei en hulle help om geestelik te groei. Ons glo dat die Doop en die Nagmaal slegs aan gelowiges bedien mag word. Ons glo dus aan die Doop van gelowiges na bekering.

Die bestuur van ons Gemeente

Ons Gemeente word gelei deur die Gemeenteraad. Hierdie raad bestaan uit:

  • Die Leraar
  • Ouderlinge
  • Diakens
  • Leiers van verskillende diensareas
  • Sekretaresse
  • Tesourier

Die bestuur van die Gemeente berus dus op Aktiewe Lidmate van die Gemeente en so verseker ons dat dit belange van die Gemeente en van die Here beskerm word.

Dit is ons Gemeente se doelwit:

  • Om buitestanders in te trek deur Evangelieverkondiging.
  • Om hulle in kontak te bring met ander Christene
  • Om hulle te help groei in hulle geloof
  • Om hulle uit te daag om hul bediening te ontdek (betrokkenheid)
  • Om hulle te leer om die Here te eer met hul lewens (aanbidding)

Ons Gemeenteraad

Leraar:

Ouderlinge:

  • Hennie Herbst Tel: 083 235 6945
  • Robbie Wienand Tel: 082 781 0516
  • Willem Pieters Tel: 082 922 3713

Tesourier:

  • Anna Jonker Tel: 083 704 2383

Diakens:

  • Eddy McCarter Tel: 083 926 6678
  • Jacques Smith Tel: 073 165 9776
  • Joe Nulesi Tel: 084 512 4202

Vroue Vereniging:

  • Anneke Smith Tel: 073 331 1941

Musiek Koördineerder:

  • Robbie Wienand Tel: 082 781 0516

Sekretaresse:

  • Jana La Grange Tel: 083 294 3914